Jy val nooit uit sy hande nie

DEUR MILANIE VOSLOO

Wanneer iets of iemand jou wêreld onderstebo skop, voel dit soms of jy net daar wil bly lê. Jy voel vuisvoos. Kragteloos. Leweloos. Soos baie van ons dalk nou tydens die nuwe Covid-19-golf voel.

Dis dan wanneer ons wonder: Waar is God nou?

Die antwoord is: Hy is daar! Daar waar onsekerheid jou oorrompel. Daar waar jy nie die moed het om voort te gaan nie. Daar waar jy sonder hoop die toekoms in staar. Daar is Hy, en Hy is in jou!

LEES OOK: Maandag-inspirasie: Asem uit, asem in

Want jy is sy geliefde kind. Jy is die een wat Hy gevorm het, vir wie Hy deur die jare gelei het. Vir wie Hy in vorige krisisse vasgehou het. Hy weet presies hoe jy nou voel.

Jou Here is steeds in jou, hoe gebroke jy ook al mag wees.

Hy is steeds in hierdie wêreld, hoe stukkend dit ook al mag wees.

LEES OOK: Hoe mis ek die tussen-in-plekke

Ek bid jou vandag die woorde van Paulus aan Timoteus toe: “Mag God ons Vader en Jesus ons Here aan jou genade, ontferming en vrede gee” (2 Tim 1:2b).

Vallende mense

Soms lê ons plat op die grond, Here!
So omgeslaan dat ons net nie weer wil
opstaan nie,
nie langer kan opkyk nie.

Dankie dat ek in sulke tye
kan onthou dat
ek maar kan val,
omdat ek altyd in u hande sal val.
Dat ek altyd sal beleef
U het my toe nooit gelos nie.
Want U kan nie.
U is God.

U is my Here.
My Vashouer.
Vader van ons almal.
Ook nou.

  • Milanie Vosloo is ’n topverkoper-skrywer van verskeie geestelike boeke. Sy is die stigter en besturende direkteur van Uppe Marketing. Haar passie is om mense te inspireer. Sy wil deur die krake van haar eie menswees iets van God se lig aangee. Sy hou baie van skryf, fietsry en die buitelewe. Sy onderneem gereeld fietstoere saam met haar man. Kontak haar by [email protected]

Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail

- Advertensie -spot_img
LEES OOK ....

‘As surrogaatma wys ek níks is vir God onmoontlik nie’

DEUR CONETTE LE ROUX “Ek is dankbaar vir die ouers wat mý gekies het om die surrogaatma vir hulle baba...

SOORTGELYKE STORIES

- Advertisement -spot_img