23 Maart 2021


DEUR CONETTE LE ROUX

Pieter Lingenfelder het as 6-jarige kankervegtertjie gedroom van ’n groot kruis wat op hulle plaas buite Villiersdorp staan.

LEES OOK: My kankerpad: ‘Twee engele, vrees en God se liefde’

Op 11 Maart 2021 kon Pieter reeds die tweede keer self sy naam uit dankbaarheid op die kruis op hulle plaas Rustfontein skryf. Presies twee jaar sedert dié 11-jarige se kanker in remissie verklaar is.

Dis twee jaar sedert die 11-jarige Pieter Lingenfelder ALL (Akute Limfoblastiese Leukemie) oorwin het. Tydens sy kankerstryd het hy gedroom van ’n groot kruis op hulle plaas buite Villiersdorp waar Jesus geloof en geprys kan word. Die droom het intussen waar geword. Foto: Facebook

Sowat vyf jaar gelede was Pieter besig om teen ALL (Akute Limfoblastiese Leukemie) te veg toe hy op ’n dag op sy ouma, Estienne Lingenfelder, se skoot klim en sy droom met haar deel: “Wanneer ek gesond is, wil ek al die mense wat vir my gebid het nooi om op die plaas te kom kuier. Dan sal ons ’n groot kruis plant. En dan sal ons vir Jesus saam loof en prys.”

Estienne het in 2016 dié droom van Pieter en haar getuienis met LiG gedeel.

LEES OOK: ‘Dít dra my deur ons kind se kanker’

Pieter se oupa Albert, en sy drie seuns wat ook op die familieplaas woon, kon dié kruisdroom intussen bewaarheid.

“Dit is die plek waar ons bid, nagmaal hou en God loof vir Pieter se gesondheid,” vertel Estienne.

Pieter saam met sy ma Leatitia en pa Francois op 11 Maart vanjaar by die kruis. “Ons dank God elke dag vir lewe en gesondheid,” sê ouma Estienne. Foto: Facebook

Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail
One Response to Kankervegtertjie se droom word waar
  1. We serve a MIGHTY GOD! Aardetyd is genadetyd!


[top]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *