Kom kuier saam op ons aanlyn tydskrifprogram

Kom kyk saam, kuier saam en gesels saam op LiG se aanlyn tydskrifprogram, LiGter. Dié digitale verskeidenheidsprogram gaan jou inspireer en vermaak. Dit vind op Saterdag, 30 Oktober van 10:00-12:00 plaas.

LiGter kan saam met ’n groepie vriendinne gekyk word, of in die gemak van jou eie huis, by jou kerk, skool of ’n mooi plek van jou keuse. Dis boonop gratis! Al wat jy nodig het, is ’n goeie internetverbinding en die skakel wat ons sal stuur sodra jy geregistreer het. Kliek hier om te registreer (https://tickets.tixsa.co.za/application/ligter30Okt2021)

Registreer vooraf en staan ook die kans om fantastiese pryse te wen. Gelukkige trekkings ter waarde van meer as R100 000 kan opgeraap word! Skryf hier in vir die gelukkige trekking. (https://tickets.tixsa.co.za/event/ligter-gelukkige-trekkings)

Die glanspersoonlikhede wat ons gaan inspireer en bedien sluit in, Lindie Strydom, Milanie Vosloo, Wanda Bam, en haar dogter Melissa Swart. Ons gaan ook saam met Onbeskaamd die Here loof en aanbid.

LiG vertel ook mense se ware verhale van hoop! Ander verrykende inhoud sluit in, ’n kosdemonstrasie deur Heleen Meyer, ’n skoonheids-insetsel deur Créme Classique en hoe om self essensiële olie te meng.

Om te registreer

Kliek hier, en registreer gratis. Dalk kan jy, jou skool of jou kerk ’n bederfoggend vir julle gemeenskap reël. Doen dit só:

  • Nooi vriendinne, en maak ’n afspraak vir ’n hartskuier. Elkeen bring ’n ietsie om te eet, en almal kyk saam na die inspirerende program wat regstreeks uitgesaai word.
  • Kerke, skole of aftreeoorde kan ’n feestelike geleentheid daarvan maak. Dek tafels, reël vir lekker kos, kry ’n groot skerm en ’n goeie internetkonneksie – en siedaar! ’n Vroue-oggend vol inspirasie.

Om in aanmerking  vir die gelukkige trekking te kom:

Bederf jouself met winskoop-produkte

LiGter se vennote bied ’n verskeidenheid van produkte teen afslagpryse. Om ons e-winkel te besoek, kliek hier (https://lig.christians.co.za/ligter-winkel/) Die eerste 400 persone wat meer as R500 op die winkel spandeer, ontvang ’n heerlike geskenkpak!

Vir meer inligting oor LiGter, kliek hier (https://lig.christians.co.za/ligter/)Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail

- Advertensie -spot_img
LEES OOK ....

‘Ek was in ’n dal van doodskaduwee, en nou is ek weer uit,’ sê ma wat ander bemoedig nadat haar seun sterf

Ses maande gelede het Lelanie Kriel van Durbanville haar enigste seun aan die dood afgestaan ná ’n vier jaar...

SOORTGELYKE STORIES

- Advertisement -spot_img