Lees die artikel “Jesus en die vroue in sy lewe”

Lees die artikel hier.

  • Praat met mekaar oor die vroue wat in jul lewe ’n rol gespeel het.
  • In die Bybelse tyd was dit ongehoord vir ’n rabbi om met vroue te gesels of selfs aan hulle aandag te gee. Tog doen Jesus dit. Waar het Hy dit oral gedoen? Wat leer ons daaruit oor Jesus?
  • Die dissipels het Jesus in die steek gelaat (vgl Mark 14:50); by die kruis en sy sterwe was net die vroue teenwoordig (vgl Mark 15:40-41). Wat is betekenisvol hieraan?
  • Lees Markus 16:1-11. Noem die dinge in die teks wat jou aangespreek of laat wonder het. Vergelyk die onderskeie reaksies van die vroue en die dissipels met mekaar. Maria was die eerste getuie van die opstanding. As dit nie vir haar was nie, het ons dalk nie daarvan geweet nie. Hoekom dink julle wou die dissipels haar nie glo nie?
  • Ons lees onder meer in die artikel: “Hulle (die vroue) is die soort wat so oortuig is van hul saak dat hulle bereid is om die mense se verontwaardiging te trotseer. Hulle doen wat reg is, selfs al word hulle daaroor gebrandmerk.” Watter belangrike geloofswaarde leer ons by hierdie vroue? Was jy al ooit in so ’n situasie, en hoe het jy toe daarop gereageer?
  • Vir die vroue in jul gesprekgroep: Hoe word julle deur Jesus se optrede teenoor vroue bemoedig? Vir die mans in die groep: Wat leer julle by Jesus se optrede teenoor vroue?

Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail

- Advertensie -spot_img
LEES OOK ....

#2 Dokter se winterpad met kanker: ‘Slegs die Here kan my hiervoor krag gee’

DEUR ADRI COETZEE So breek my eerste chemoterapiesessie aan. Teen die muur in die onkologie-afdeling staan dié teksvers geskryf: Neh...

SOORTGELYKE STORIES

- Advertisement -spot_img