Lees die artikel “’n protes van ’n ander kleur”

Lees die artikel hier 

Foto deur Alex Sheldon by Unsplash

  • Wattter gevoelens kom by jou op nadat jy die artikel gelees het?
  • In die artikel word verwys na ’n manlike RSG-inbeller se reaksie oor die saak van geweld teen vroue. Hoe reageer jy op die “inbeller” se siening?
  • Lees Galasiërs 5:19-25
    • In verse 19-21 kom daar veral vyf praktyke van die sondige natuur voor wat aanleiding gee tot geweld teen vroue. Bespreek dit kortliks.
    • Die Bybel roep ons op om die vrug van die Heilige Gees uit te leef (vv 22-23). Kan ons sê dat die vrug van liefde, geduld, goedhartigheid en selfbeheersing sal lei tot minder geweld teen vroue?
    • Suid-Afrika word beskou as ’n “Christelike” land. Waar lê die probleem? Hoekom leef mans nie hierdie vrug van die Gees teenoor alle vroue uit nie? Is dit omdat hulle hul nié deur die Gees van God laat lei nie?
  • Bespreek die volgende stelling: “As ons werklik besef dat elkeen volgens die beeld van God geskape is, sal ons almal met respek en soos beelddraers behandel.”
  • Wat kan ons as gelowiges doen om die geweld teen vroue te keer? Wat moet ons vir ons kinders leer?
- Advertensie -spot_img
LEES OOK ....

‘Destyds sou ek sê: Begrawe my ook! Maar nou weet ek God wil hê ek moet lééf,’ sê Wilmien ná Kalahari-brand

DEUR CONETTE LE ROUX “As iemand twee jaar gelede vir my gesê het dís wat gaan gebeur, dan het ek...

SOORTGELYKE STORIES

- Advertisement -spot_img