Lesersdag

As gevolg van COVID-19 is die lesersdag in Bloemfontein geskuif na Saterdag, 29 Augustus. Ons heerlike bederf-oggend vind steeds by Monte Bello om 9:00 tot 13:00 plaas, en Leah is ons gaskunstenaar. Ons sprekers is Aletté Winckler en Marzanne Leroux-van der Boon in gesprek met Maretha Maartens. Die derde spreker sal binnekort aangekondig word. Vir enige navrae rondom kaartjies wat reeds gekoop is, kontak vir amanda@bmedia.co.za

Kaartjies vir die Kaapse LiG-lesersdag is reeds beskikbaar, maar dié geleentheid word ook uitgeskuif. Sodra ons ‘n geskikte datum vasgemaak het met al die sprekers en gaskunstenaar sal elke gas ‘n e-pos ontvang met die finale reëlings.

Indien jy graag kaartjies vir die Kaapse LiG-lesersdag wil koop, sal ons aanbeveel dat jy tot einde April wag wanneer ons finale reëlings kan deurgee.

Kaartjies vir Pretoria se LiG-lesersdag sal in Junie te koop wees.

Koop kaartjies só:

Kaartjies kan aanlyn gekoop word deur op “buy tickets” hieronder te kliek

Om kaartjies kontant of via EFT te koop, kontak ons kaartjie-vennoot, TIXSA by support@tixsa.co.za

Indien jy as ‘n gasvrou wil optree, kontak gerus vir Amanda van der Westhuizen by amanda@bmedia.co.za