My getuienis

Britstown-boervroue verpak die Boerse lekker koekies in emmertjies

DEUR JACOBIE M HELENA “Ons het entrepreneurs geword! Dis ʼn wow en dit voel net lekker.” Só vertel Gerda Oberholzer opgewonde uit haar kombuis op die plaas, Doornkuil, oor die Boerse lekker-koekieprojek waarmee die boervroue in die droogtegeteisterde Britstown ʼn inkomste verdien. Dié groep van negentien vroue het hande met die geregistreerde nie-winsgewende organisasie, Caring […]

DEUR GERDA-MARIE VAN ONSELEN Ons dogtertjie, Hannah, is met bilaterale kollobome gebore. ‘n Kolloboom (in engels coloboma) is ‘n tipe defek wat in jou oë voorkom. Dit beteken basies dat Hannah se ogies nie behoorlik ontwikkel tydens die swangerskap ontwikkel het nie en dat sy gapings in die weefsel van haar ogies het. Dit is […]

My liefste ongebore Babalyfie In April sou jy gebore word Maar Mamma se verkeerde keuse het jou lewe eensklaps verkort Ek sien ander babatjies en wens dit was jy En wonder hoekom was ek nie braaf genoeg om jou groot te maak vir my Ek verstaan nie hoe ek só verkeerd kon kies En nou […]

windpomp omgewaai

DEUR LIANA KOTZE Verlede week kry ek ’n foto  (sien onder) van die plaas af. Die voëlnes het die windpomp tot ’n val gebring. Eerste gedagte was, dis droogte en nou val die windpomp ook nog. My gedagtes gaan op die tweespoorpad om te bepaal waar die windpomp gestaan het in die veld. Ek dink […]

DEUR CARLENE VENTER Dag 1 van afsondering. Maar dit voel eintlik soos ’n week. Ons bly tuis vir onsself, vir talle Suid-Afrikaanse gesinne en vir gesondheidswerkers wat elke dag met hierdie virus te doen kry. My man is een van hulle.’n Mediese dokter tans besig met sy ortopediese spesialisopleiding by Groote Schuur-hospitaal. Hy werk nie […]

DEUR RIA SAUNDERS ʼn Gawe, ouerige Indiese man kom haal my 04:00 met sy mini cab in Londen. Ek moet 05:00 op Heathrow-lughawe vir my vlug na Israel wees. Ons gesels lekker en ek vertel hom van my vrese om alleen vir ag dae Jerusalem toe te gaan. Toe ek hom groet sê hy: “You […]

Deur Heli Mulder In die begin van 2017 tree ek af na 45 jaar in die onderwys. Ek is gesond en vol lewe. Ek gaan los nog af by skole. Gedurende die laaste drie maande van 2017 kry ek ’n erge pyn in my regterheup. Na vele besoeke aan ’n dokter, fisioterapeut, chiropraktisyn, homeopaat laat […]