‘’n Klippie genade op my borskankerpad’

13 Mei 2021

Nadat Ester Jordaan ontdek het sy het borskanker en dat ’n dubbele mastektomie onvermydelik is, was sy platgeslaan. Verdere toetse sou bepaal of die kanker versprei het. Maar toe ontdek sy iets wat altyd vir haar simbolies sal wees van God se genade en ewige lig.

DEUR ESTER JORDAAN

Nadat Ester van die Overbergse kusdorpie Kleinmond onlangs uitgevind het sy het borskanker en dat ’n dubbele mastektomie onvermydelik is, wou sy nie eers na haar “geliefde see” kyk nie. Hier geniet sy en haar man Joggie en seun Joniël die strand vroeër vanjaar. Foto verskaf

 

 

’n Vuurtoring sal altyd vir my ’n herinnering wees aan hoe God in ’n desperate tyd aan my voorsien het.

Ek is 54 en is op 14 April vanjaar met borskanker gediagnoseer. Alhoewel die kanker in ’n vroeë stadium ontdek is, was ’n mastektomie onvermydelik. Op 22 April is verdere toetse gedoen om te bepaal of die kanker versprei het.

Ons het in Desember 2020 na 22 jaar in Pretoria na Kleinmond verhuis. Ek het jare daarvan gedroom om die rustigheid in dié Overbergse kusdorp te kom ervaar, maar nou was dit my nie beskore nie. Ek wou nie eens na my geliefde see kyk nie.

Ek het aanhoudend gebid. My familie en vriende bid ook die heeltyd vir my.

LEES OOK: Kankervegtertjie se droom word waar

Nadat Ester van die Overbergse kusdorpie Kleinmond onlangs uitgevind het sy het borskanker en dat ’n dubbele mastektomie onvermydelik is, wou sy nie eers na haar “geliefde see” kyk nie. Hier geniet sy en haar man Joggie en seun Joniël die strand vroeër vanjaar. Foto verskafEen oggend het my seun en sy meisie my oortuig om saam met hulle te gaan stap. Net voor ons gaan stap het, het sy egter vir my van die Overberg Pebble Project* vertel.

Dit was ’n grys oggend en ek het die huis met ’n swaar hart verlaat. Ek het later oor die see sit en kyk terwyl ek terselfdertyd gehuil en gebid het. My seun en sy meisie het skielik besluit om in die ysige water te gaan swem. Uiteindelik het ek ’n glimlag op my gesig gehad en deur my trane het hulle energie en optimisme my verkwik laat voel.

Die klippie wat nou op Ester se bedkassie lê as simbool van “God se genade, goedheid, oorvloed en ewige lig”. Foto verskaf

LEES OOK: My kankerpad: ‘Twee engele, vrees en God se liefde’

Op pad terug huis toe het die son deur die wolke geloer. Toe ons verby ’n huis met ’n kliprandjie stap, het ons ’n klip waarop ’n vuurtoring geverf was, opgetel. Ons het besluit om dit te hou.

Toe ons by die huis kom het my man die nuus gedeel dat my chirurg gebel het om te vertel dat die kanker nie in my liggaam versprei het nie! Dié spesiale vuurtoringklippie sal vir altyd op my bedkassie bly om my aan God se genade, goedheid, oorvloed en ewige lig te herinner.

*Die Overberg Pebble Project / O-pebbles (op Facebook) is ’n groep op sosiale media met een doel voor oë: om omgee met kuns te versprei. Hulle moedig mense aan om klippe te verf wat sodoende omgee en liefde aan mense in die Overberg sal versprei. Jy word aangemoedig om wanneer jy sulke klippe kry, ’n foto te neem en op die Facebook-groep te deel. En indien jy so ’n mooi klip vind kan jy dit óf hou óf weer wegsteek.Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail

- Advertensie -spot_img
LEES OOK ....

‘Ek was in ’n dal van doodskaduwee, en nou is ek weer uit,’ sê ma wat ander bemoedig nadat haar seun sterf

Ses maande gelede het Lelanie Kriel van Durbanville haar enigste seun aan die dood afgestaan ná ’n vier jaar...

SOORTGELYKE STORIES

- Advertisement -spot_img