’n ‘Sondige’ vriendin

DEUR MILANIE VOSLOO

Jesus se vriende was soms vir die prim en proper gemeenskappe, ’n moeilike pil om te sluk. Behalwe dat hulle almal regtig net gewone mense sonder vreeslike aansien of bekendheid was, het Hy ook nie geskroom om op te staan vir ernstige sondaars nie. Een van sy vriendinne wat tot die einde onder sy kruis gestaan en treur het en beplan het om sy liggaam met aromatiese olie te balsem, was Maria Magdalena. Ons lees in Markus 16:9: Hy het eerste aan Maria Magdalena, die vrou uit wie sewe duiwels gedryf is, verskyn.

Hoe diep was hierdie vrou se liefde vir haar Meester dat sy, ten spyte van gevaar, voor ligdag na sy graf gaan. En hoe betekenisvol is dit dat Jesus nie eerste aan een van sy dissipels verskyn nie, maar juis aan háár: aan sy geliefde vriendin wat eens vol duiwels was. So lees ons in Markus 16:1:

Die volgende aand toe die Sabbat verby was, het Maria Magdalena en Maria, Jakobus se ma en Salome aromatiese olie gaan koop om Jesus se liggaam daarmee te behandel.

Jesus se keuse van vriende en vriendinne word gebaseer op wedersydse liefde. Hy kies mense wat gekies het om in ’n noue verhouding met Hom te leef. Is jy so ’n vriendin?

U vriendin

Here, ek is net ’n gewone mens.

Tog is ek U s’n.

Ja, U het my gekies!

En ek kies U.

U, as my Verlosser, my Vriend, my Vredegewer.

Dankie dat ek

met vrymoedigheid by U kan kom aansit.

My hart met U kan deel.

En dat U my dan,

soos ’n goeie Vriend,

met u liefde omhels.

Dankie dat ek u vriendin kan wees.

  • Milanie Vosloo is die eienaar van ’n bemarkingsmaatskappy, topverkoperskrywer van geestelike boeke en ’n gereelde rubriekskrywer vir

Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail

- Advertensie -spot_img
LEES OOK ....

#2 Dokter se winterpad met kanker: ‘Slegs die Here kan my hiervoor krag gee’

DEUR ADRI COETZEE So breek my eerste chemoterapiesessie aan. Teen die muur in die onkologie-afdeling staan dié teksvers geskryf: Neh...

SOORTGELYKE STORIES

- Advertisement -spot_img