Selgroepe

Dit maak deesdae wêreldwyd opslae, dié dat twee mense wat in ’n intieme verhouding betrokke is by verskillende adresse woon. Ook in Suid-Afrika is daar heelwat paartjies wat dit só doen. Daar is wel ook dié wat sê dit werk nie vir hulle nie. En hoe behoort gelowiges hieroor te dink? DEUR ILETTE COETZER Is […]

Mooi herinneringe is soos ’n goedgebruikte padkaart: Dit vertel die storie van ons reis. ’n Herinneringsboks is ’n manier om hierdie reisverhaal sigbaar en tasbaar vir jou kinders te maak. Dit gee hulle bakens en rigtingwysers. DEUR SUSAN GOOSEN Daardie handgeskrewe briefie in ’n onderste lêer, ’n foto, ’n spesifieke reuk. ’n Spesiale liedjie … […]

DEUR SUSAN GOOSEN Doen slegs een ding op ’n slag. Eet rustig. Drink koffie. Geniet jou warm bad. Moenie probeer om verskeie take gelyktydig af te handel nie. Doen jou take stadiger, maak seker dat jy elkeen behoorlik afhandel. Dit verbeter jou fokus en verminder jou stres. Sorg dat daar verposings tussen aktiwiteite is. Sorg […]

DEUR JANA DU PLESSIS MÜLLER Annadore Malherbe van Wellington in die Boland het in 2015 haar pad na Washington DC in die VSA gevind. Daar het sy haar man Matt Bubnis ontmoet en haar tande as rekenmeester begin slyp. Na hulle troue in 2018 het die paartjie in Alaska gewoon, maar vroeër dié jaar weer […]

Uiteindelik is ’n Covid-19-entstof ’n werklikheid. Maar wat van komplikasies? Is daar risiko’s aan hierdie entstof? Sal jy jou laat inent? DEUR SALOMÉ DELPORT Ons weet almal die kans om weens Covid-19 te sterf is taamlik klein: 997 mense uit elke duisend wat hierdie nuwe plaag opdoen herstel, terwyl rondom drie sterf – in ons […]

Deur Deonette de Kock Om sonnige Suid-Afrika, jou hartsland, agter te laat en die vreemde aan te durf, verg moed! Twaalf jaar gelede het Gerhard en Annelie Jordaan met hulle twee kinders Lara en Matthys dié skuif gemaak en hulle woon deesdae in Dundowran Beach, Hervey Bay in Australië. LiG het met Annelie oor hulle […]

Dis sekerlik een van die moeilikste paadjies denkbaar: dié van herstel ná huweliksontrou. Hoe vergewe jy? Hoe vertrou jy weer? Is daar hoegenaamd hoop op ’n nuwe begin ná sulke verraad? Deur Yolanda Wessels “Ons is in die sogenaamde ‘Maand van die Liefde’ getroud. Dis vooraf so beplan, en die datum het ooreengestem met ’n […]

Deur Jana du Plessis Müller Twee onderwysers en hul twee dogtertjies van die Strand in die Wes-Kaap woon sedert 2018 in Hangzhou, China. Hulle deel met LiG hulle reispad na China, terug na Suid-Afrika, en wéér terug na China. En ook meer van hoe Covid-19 hulle lewe verander het. Oos, wes, tuis in China “Ek […]