Stuur 'n e-pos na lig@onthedot.co.za
Skakel 087 353 1291 of whatsapp na 087 353 1292.
LiG verskyn voortaan kwartaalliks. Die nuwe verskyningsdatums val saam met vier belangrike feestye in die Christelike jaar: Paasfees, Pinkstertyd, Koninkrykstyd en Advent/Kersfees.
Die nuwe LiG sal dikker wees, met meer inhoud wat verryk en inspireer, en mooier foto’s. En steeds al die diepte en egtheid waarvoor LiG bekend en geliefd is.
Jou LiG word gratis by die huis afgelewer. Ons tuisafleweringdiens geld die groot stede en die meeste plattelandse gebiede. Alternatiewelik word LiG aan jou gepos.