Daar is sake waaroor my vrou en ek van mekaar verskil. Die een probeer dan die ander tot ’n standpunt oorhaal, en dan val ons vas. Wat staan ons te doen?

DEUR WILLEM EN JOKE NICOL

Twee mense het die Magaliesberge beleef – die een van die een kant, en die ander van die ander kant. Die een kant loop geleidelik boontoe, die ander kant het kranse.

Later praat die twee mense oor die berg: Die een sê wat hy gesien het, maar die ander een is bang vir onmin of konflik en sê nié duidelik dat hy iets anders gesien het nie.

Wat is die nadele aan so ’n benadering? (Hulle is baie . . .)

  • Die een wat by die ander een inval, ontneem laasgenoemde die voorreg om te besef dat daar meer aan die berg is as wat hy gedink het. Sy gedeeltelike perspektief word nie verruim nie.
  • Die een wat die kranse ken, se reaksie is gedemp en hy leer nie om self te dink en ’n standpunt in te neem nie.
  • Hul geselskap is dooierig, en dis hul eie skuld.

Waarin is hierdie soort houding gewortel?Meningsverskille

  • Baie mense reken dat ’n meningsverskil verhoudings aftakel. Dit behoort nie te gebeur nie. Jou mening is bloot jou mening; dit is nie jyself of jou verhouding met ’n ander nie. Menings is in elk geval heel dikwels net gedeeltelik akkuraat. Dink weer aan die berg se twee kante. ’n Meningsverskil behoort eintlik ’n verhouding te verryk.
  • As ek daarvan oortuig is dat net mý soort handelswyse reg is, maak dit my waarskynlik ’n soort mens wat oordeel en veroordeel. Jesus leer ons egter: “Moenie oordeel nie” (Matt 7:1).
  • Nee, ’n mens moet oefen om vir ander ruimte te maak, om ’n ander se gedagtes te respekteer, om oop te wees vir hoe ’n ander een dink – ook en veral as hy van jou verskil. Ons moet kan ooreenkom om van mekaar te verskil.

LEES MEER

Tango oor die kommunikasiebrug


 Bogenoemde geld in alle verhoudings.

  • So kan vriendskappe en familieverhoudings lewendig en interessant word.
  • So kan huwelike verryk word wanneer ons ruimte vir mekaar maak, binne ons eenheid.
  • In ’n ouer-kind-verhouding kan kinders van kleins af leer om self waar te neem en te dink, en om ander se menings te respekteer en rustig aan te hoor.
Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail