“Wees stil en weet Ek is God!” – Psalm 46:11 

DEUR SUSAN COETZER

Die lewe is besiger as ooit. Die trapmeul waarop ons elke dag as verantwoordelike landsburgers klimbeweeg al vinnigerDit vra al meer van ons om by te hou – om al die spreekwoordelike balle in die lug te houOns moet afsprake nakomsperdatums haalrekeninge betaal en met familie en vriende connectOns moet oorleef 

Daar is elke dag al meer roepstemme wat om jou aandag meeding – stemme in jou brein, hart en gedagtes wat jy nie afgeskakel kry nie. Dan is daar ook nog tegnologie – Facebook, e-posse, WhatsAppboodskappe wat soos bondels wasgoed net nooit einde kry nie. 

Mense staan in rye by apteke op soek na tonikums of bruistablette om hulle energie te boostMense gaan al meer dokter toe met siektes wat met uitbranding verband hou. Meer mense besoek sielkundiges, terapeute of spa’s in die hoop dat hulle hulle lewenslus sal kan herwin. 

Ek het egter ’n gratis bruistablet ontdek wat my energie aanvul vir al die uitdagings op my lewensbordstilte. As deel van my lewensberoep reis ek die land vol en tree gereeld as spreker op. Dit tap my energieEk het gevind as ek nie genoeg tyd in stilte deurbring nieek geïrriteerd  en sonder sprankel raak. 

In stilte by die Here herlaai ek my mensbattery en kry ek ware en diep rus vir my liggaam, gees, denke en emosiesDit is ook in hierdie stilte dat die Here my snoei en onderrigwaar ek leiding en insig kry, waar ek antwoorde op my probleme ontdekwaar ek vernuwe word en waar ek my gawes en talente kan ontgin. 

Bruisgebed vir energie: Dankie, Here, dat ek in u stilte kan herlaai en my energietenk kan vol maak. 


NOG INSPIRERENDE INHOUD

Hy sal dit vir ons ook doen

Bevind jy jou in ’n ‘suurlemoenseisoen’?

Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail