“Ek moes my eie storie eers leef om dit te kan vertel.”

Só sê die Suid-Afrikaans gebore Katryn Kruger, wat al van Parys en New York, tot Londen en Milaan as model gewerk het.

By Koffie met Katryn het hier al 14-jarige en 77-jarige vroue as vreemdelinge ingestap en as vriendinne uitgestap!” vertel Katryn

Katryn het op 16-jarige ouderdom haar skoolskoene vir 10 cm-hoëhakskoene verruil om vir bekende handelsname soos Givenchy, Prada, Calvin Klein en Dior modelwerk te doen. Nou gebruik sy haar ongewone lewensverhaal om ander vroue te bemagtig en te inspireer, vertel sy.

Maar Katryn inspireer nie net met haar eie verhaal nie. Sy gebruik ook haar platform en besigheid, Koffie met Katryn, om vir ander vroue die geleentheid te bied om húlle stories te vertel en die waardigheid van hul eie stemme te ontdek.

Katryn verduidelik: “Ek het begin 2019 op Instagram aangekondig dat ek 10 vroue vir koffie by my huis wil nooi. Ek het my eie lewensverhaal gedeel en toe die vroue ook die geleentheid gegee om hulle stories te deel. Ná die oggend het ek emosioneel op die bank gesit. Skielik het mý storie begin sin maak. Ek het meteens besef dat ek my eie storie moes leef om hierdie platform vir vroue te kan bied. By Koffie met Katryn het hier al 14-jarige en 77-jarige vroue as vreemdelinge ingestap en as vriendinne uitgestap!” vertel Katryn opgewonde aan LiG via ʼn Zoom-onderhoud.  

Katryn vertel dat sy met haar eie lewensverhaal moes “journey” en vrede maak. “Ek was op 15 gescout en het op 16 voltyds modelwerk begin doen. Ek moes skielik skool én die veilige ruimte van my ondersteuningsnetwerk en ‘normale’ lewe prysgee.

Ek wil vroue bemagtig deur vir hulle te laat besef, nes ek moes, dat hul verhale wáárdig is en vertel moet word omdat God die groter prentjie sien,” voeg Katryn by. Hier is Katryn saam met haar honde, Kenzie en Toto.

Ek het vir ʼn baie lang tyd met die Here geworstel en gestry. Ek het vir God gevra: ‘Hoekom ek?’ Dis nie iets wat ek gaan soek het nie. Dis nie iets waaroor ek gedroom het nie.

Skielik is ek totaal en al in die diepkant gegooi en moes ek op 16 ʼn grootmens word. Maar deur Koffie met Katryn het God vir my die waarde van my eie verhaal opnuut laat besef,” sê Katryn.

Sy vertel dat haar lewensverhaal haar toegerus het om vroue op hul gemak te laat voel. Nie net deur haar hart te kan deel nie, maar om ook vir ander vroue die geleentheid te gee om hulle eie stories te kan deel.Sy skram juis weg van die tradisionele motiveringspraatjie-model waar een persoon van ʼn verhoog af hul storie ten aanskoue van ʼn gehoor deel. Sy wil dit met Koffie met Katryn anders doen: “Dis só belangrik vir my om die vloer altyd vir die vroue oop te maak dat ons sáám kan praat. Ek wil vroue bemagtig deur vir hulle te laat besef, nes ek moes, dat hul verhale wáárdig is en vertel moet word omdat God die groter prentjie sien,” voeg Katryn by. 

*Volg gerus vir Katryn Kruger op Instagram en Facebook vir haar, Vier jou vrouwees-veldtogte in Augustusmaand ten bate van vroue en kinders wat slagoffers van geweld is.


Lees ook: Marciel Hopkins: ‘God droom dat jy van jou liggaam moet hou’

Facebooktwitterredditpinterestlinkedinmail